100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek na twee afsonderlike moorde in Pienaar

Written by on June 7, 2021

Die polisie is op soek na verdagtes na twee verskillende moorde gister in die vroeë oggendure in Pienaar gepleeg is.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is een man met steekwonde dood by ‘n kliniek aangetref.
In ‘n afsonderlike voorval is ‘n man doodgeskiet tydens ‘n onderonsie toe ‘n kar wat deelgeneem het aan “spinning” in iemand vasgery het wat nie daarby betrokke was nie.
Dit het tot die noodlottige skietery gelei.

Enigiemand met inligting oor die moorde is aangemoedig om speurkaptein Nokuthula Nkhoma te kontak by
082-469-2338.
Verder sal ‘n 49-jarige vrou na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die Kanyamazane-landdroshof.
Sy verskyn op aanklagte van moord en huisroof, na sy Vrydag aangekeer is. Sy het dieselfde dag reeds in die hof verskyn.
Hlathi sê dat Nathi Veronica Ngomane uitgewys is in die moordsaak van Sipho Nkosi (34). Hy is in Oktober 2018 dood.
Hy is glo deur ‘n groep van sowat 10 verdagtes in sy huis in Pienaar voor sy gesin ontvoer. Sy verminkte, ontbindende liggaam is ‘n week later ontdek.
Hlathi sê besorgde lede van die publiek het inligting verskaf wat tot Ngomane se arrestasie Vrydag gelei het.
Die ander verdagtes is steeds op vrye voet en word gesoek.
‘n Gewese polisiekonstabel van Standerton sal na verwagting ook vandag verskyn in verband met die beweerde moord op sy vriendin.
Volgens Hlathi het die 27-jarige man glo sy 34-jarige vriendin verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek. Die voorval het by sy huis in Sakhile plaasgevind. Hy het daarna met die slagoffer se voertuig na die polisie gery en hulle oor die voorval ingelig.
Polisiebeamptes het glo ‘n skerp voorwerp op die moordtoneel gevind.


×