100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte vasgetrek na jaagtog in gesteelde kar

Written by on November 10, 2021

‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend.
Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice (BCJ) sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggendure in Ermelo gesteel is.

Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech Sekuriteit het reageer en die verdagtes vir sowat 20 minute vanaf Barberton via die Kanyamazane-pad tot by Crossing agternagesit waar die skietgeveg kort voor 07:00 uitgebreek het.
Vyf skote is deur Callum MacPherson van Hi-Tech se voorruit, terwyl hy in sy voertuig gesit het. Niemand is egter beseer nie.
Een verdagte kon daarin slaag om te vlug. ‘n Vuurwapen sowel as die gesteelde voertuig is teruggekry.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
Vier verdagtes, onder hulle twee voormalige polisiebeamptes, is ook gister aangekeer deur die Nelspruit-blitspatrollie by Msogwaba Trust in Pienaar.
Hulle sou vandag in die Kanyamazane-landdroshof verskyn het op klagte van onder andere die besit van gesteelde eiendom en ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het hulle met inligting van Netstar die verdagtes gevolg tot by ‘n ou gebou. Die verdagtes het uitgehardloop toe hulle die polisie gewaar en op hulle gevuur, en een verdagte is deur die polisie gewond.
Hulle het terug na binne gevlug. Die polisie het die perseel deursoek. Meubels, insluitende beddens en elektroniese toestelle, is in die gebou gevind.
Die verdagtes is aangekeer toe hulle gevind is waar hulle binne weg probeer kruip het. Die gewonde verdagte is hospitaal toe geneem en is onder polisiebewaking. 


×