100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte na roof by gastehuis in Mbombela doodgeskiet

Written by on August 5, 2022

‘n Verdagte is Woensdagaand in Mbombela doodgeskiet, en nog een is aangekeer, na hulle glo ‘n gastehuis in Sonheuwel beroof het.
Volgens die polisie het die twee gewapende mans die plek binnegestorm, werknemers vasgebind en van kontant en selfone beroof.
Sekuriteitswagte en gemeenskapslede het hulle by ‘n taverne in die sakekern opgespoor.
Die een is aangekeer en van die gesteelde items is na bewering aan sy persoon gevind.
Die ander een het glo weggehardloop in die rigting van die taxi-staanplek en oor ‘n muur gespring na die Spoornet-perseel. In die proses is skote is afgevuur en ’n Spoornet-werker het kort daarna op hom afgekom.
Met die polisie se aankoms is ontdek dat hy in die rug gewond is. Hy is op die toneel dood verklaar.
‘n Vuurwapen, selfone en kontant is op die toneel gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die vuurwapen tydens ‘n huisbraak in die dorp in Julie gesteel.
Die aangekeerde verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn. Hy word aangekla van die besit van gesteelde goedere. Die polisie het nie die moontlikheid dat nog klagte bygevoeg kan word, uitgesluit nie.
Hulle ondersoek ook die skietvoorval.


×