100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Uitsluitsel oor restaurante Vrydag verwag

Written by on June 26, 2020

Groot onsekerheid heers in die restaurantbedryf oor wanneer hulle weer sal kan oopmaak.
Nuwe inperkingsregulasies is gister in die staatskoerant gepubliseer.
Daarvolgens sal restaurante toegelaat word om weer te heropen.
Dit is egter steeds onderhewig aan riglyne wat nog uitgereik moet word. Dieselfde geld vir casino’s, teaters, museums en biblioteke.
Die minister van toerisme sal na verwagting vandag om 17:00 ‘n perskonferensie oor die wysigings hou.
Volgens Wendy Alberts, voorsitter van die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa), het die minister onderneem om vandag nog antwoorde te verskaf.


×