100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Tweede verdagte gesoek vir moord op polisiebeampte

Written by on April 26, 2024

Die Valke in Mpumalanga is op soek na ‘n tweede verdagte in die moord op ‘n polisiebeampte in Kanyamazane.

Die Kabokweni-landdroshof het Maandag ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisname van Blessing Fakude (sien foto).

Volgens die Valke is die polisiebeampte, kapt. Sibusiso Mthombothi, in Januarie by ‘n karwassery in Kanyamazane doodgeskiet.

‘n Ander verdagte, Jacky Sibusiso Ntiwane, is in Maart aangekeer.

Hy het vir sy veiligheid sy borgaansoek laat vaar.

Sy saak is tot 10 Mei uitgestel.

Verdagte vas vir moord op polisiekaptein in KaNyamazane, 21 Maart

‘n 32-jarige verdagte verskyn na verwagting môre in die hof in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane.

Mthombothi (43) was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het (sien vorige berig hieronder).

Die verdagte is vroeg gisteroggend tydens ‘n multi-dissiplinêre operasie in Kabokweni gearresteer.

Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli: 

Luister:

Valke soek veroordeelde moordenaar vir polisiebeampte se skietdood, 17 Jan

Die Valke sê hulle soek na ‘n veroordeelde moordenaar wat Saterdagaand ‘n polisiebeampte wat van diens af was by ‘n karwassery in Kanyamazane doodgeskiet het.

Kapt. Sibusiso Mthombothi het die aand sy private voertuig laat was, toe die verdagte teen hom vasgery het en ‘n argument het ontstaan.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, gebruik die verdagte, Sibusiso Jacky Maseko, ook die van “Ntwane”.

Hy is vroeër die maand op parool vrygelaat na hy tronkstraf uitgedien het vir dubbele moord.

Luister:

Sien ook: Twee vas wat glo by Valke-hoof se huis inbreek


×