100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee vas wat glo by Valke-hoof se huis inbreek

Written by on January 11, 2024

Twee verdagtes het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die beweerde inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, gen. maj. Nico Gerber.

Skhumbuzo Lasley Khathi (43) en Phumlani Nkosi (37) is hulle Dinsdag in onderskeidelik Tekwane-Noord en Nelspruit aangekeer na ‘n ondersoek na die waardevolle items wat in Desember gesteel is.

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is alles teruggevind, sowel as items wat met ander huisbraaksake verbind word.

Sekgotodi sê nog klagtes kan teen die verdagtes gevoeg word.

Die saak is tot Vrydag uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Sien ook: Soektog geloods na reeks ontvoerings


×