100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee vermeende moordenaars in Barberton vasgetrek

Written by on April 17, 2020

Die polisie het die week groot deurbrake gemaak in twee vroue se moorde.
Beide moorde is in 2019 in Barberton gepleeg.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, het twee mans vandeesweek vir die afsonderlike moorde in die hof verskyn
Die 28-jarige Khulile Mahumane is in Mei verlede jaar doogeskiet. Haar liggaam is in die plaaslike begrafplaas gelos waar dit later deur verbygangers ontdek is.
Die 32-jarige verdagte is Woensdag by sy huis in Barberton gearresteer en sou vandag in die hof verskyn.
Die 37-jarige Sydney Nhlanhla Machete het Dinsdag reeds in die Barberton-hof verskyn. Hy word daarvan aangekla dat hy die 33-jarige Nomsa Nkosi in Oktober vermoor het.
Die vuurwapen wat glo in haar moord gebruik is, is ook deur polisie teruggevind.
Provinsiale polisiekomissaris luit. gen. Mondli Zuma het die publiek bedank vir die inligting wat tot die mans se arrestasies gelei het. Volgens Hlathi was die aangeklaagdes in beide moorde aan hul slagoffers bekend.
Albei mans het ook aanvanklik na die moorde na die Koninkryk van eSwatini gevlug.


×