100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee verdagtes steeds gesoek na transitoroof in Sabie

Written by on September 21, 2021

Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het.
Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan.
‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die skouer getref en een verdagte is dood.
Hulle het gevlug sonder om enige kontant te steel.
Ses moordverdagtes wat hulself gisteroggend aan die polisie in Schoemansdal oorhandig het, bly in aanhouding tot volgende maand.
Volgens die polisie was hulle betrokke by ‘n voorval waarin die 37-jarige Sibusiso Shongwe noodlottig aangerand is op 13 September in Jeppes Reef.
Hulle het gister in die Nkomazi-landdroshof verskyn op klagte van moord en sal op 5 Oktober vir borgtog aansoek doen.
Provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli:

‘n 37-jarige polisiesersant is Maandag in Masoyi naby Witrivier geskiet toe hy saam met ‘n kollega ‘n klagte van roof ondersoek het.
Volgens die polisie is daar op hulle gevuur toe hulle by die verdagte se wegkruipplek aankom. Die sersant is gewond en hospitaal toe geneem.
‘n 56-jarige polisiekaptein is ook gister geskiet en gesteek in Witbank. Hy was van diens af toe drie verdagtes hom gekaap en beroof het.
‘n Saak van poging tot moord en gewapende roof word ondersoek.


×