100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer oor Kaapsehoop se wilde perde

Written by on September 22, 2021

Na die derde wilde perd in sowat ses maande in Kaapsehoop verlede week doodgery is, heers daar opnuut kommer oor die diere se veiligheid.
Wat hulle so uniek maak is dat hulle die grootste bevolking wilde perde bymekaar is, sê Leon Smith wat al vir 28 jaar in Kaapsehoop woon.
Na beraming is daar tans tussen 150 en 200 perde oor die tussen 30 000 en 40 000 ha versprei.
Smith sê hoewel hulle soms siek word, in ou goudmyne val en selfs af en toe in onwettige strikke vir klein wild gevang word, bly die grootste probleem voertuie wat hulle tref.
“Ek dink dit sal goed wees om veral die vragmotorbestuurders in die houtbedryf opleiding te gee om hulle bewus te maak dat hulle in die area stadiger moet ry,” sê Smith.
Luister weer hier.

Foto: Kaapsehoop Wild Horses Facebook-blad


×