100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee taxi-bestuurders doodgeskiet in Calcutta

Written by on September 16, 2023

Daar is twee taxi-bestuurders doodgeskiet tydens ‘n voorval Donderdag by ‘n taxi-staanplek in Calcutta.
‘n Derde taxi-bestuurder sowel as ‘n busbestuurder veg om hul lewens in die hospitaal ná hulle ook in die skietery gewond is.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het die busbestuurder verby die toneel gery toe hy getref is.
Die motief agter die skietery is tans onbekend.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het ‘n span ondersoekers saamgestel om die voorval te ondersoek.

Sien ook: Nog verdagtes gesoek vir transitoroof naby Malalane


×