100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee matrikulante sterf na taxi hulle tref

Written by on October 13, 2020

Die Mpumalanga departement van onderwys het hul hartseer uitgespreek nadat twee gr. 12-meisies Dinsdagoggend in ‘n ongeluk dood is.
Hulle was leerlinge aan die Hoërskool Makhosana Manzini in Bosbokrand-munisipaliteit.
Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, is ‘n groep van vier meisies deur ‘n taxi getref.
Daar word beweer dat die bestuurder van verkeersamptenare probeer vlug het, toe hy beheer oor die voertuig verloor het, en die groep getref het.
Die meisies was op pad huis toe van die skool af na ‘n eksamen.
Twee van die meisies is ook beseer. Hulle is na die hospitaal gehaas.
Die een is reeds uit die hospitaal ontslaan. Die ander dogter word steeds behandel by Matikwane-hospitaal.

Die departement het hul medelye aan die oorledenes se families uitgepreek, en hoop die beseerdes herstel spoedig.
LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het die voorval as gevoelloos bestempel.
“Ons is diep seergemaak deur dié gevoellose daad wat hierdie twee onskuldige lewens in hul fleur geëis het,” sê hy.
“Ons harte stort meegevoel uit aan hul geliefde families en vriende. Ons hoop ook die twee beseerde leerders herstel gou, en volledig.”
Majuba het bygevoeg dat die gereg roekelose bestuur hok moet slaan om ‘n stop aan voorvalle soos hierdie te sit.
“Mag ons twee leerlinge wat gesterf het, in vrede rus,” het die LUR afgesluit.
Volgens Sambo het die departement van onderwys berading aangebied vir al die leerlinge wat die ongeluk gesien het, en diegene wat daardeur geraak word.


×