100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4-tydren November in Dullstroom

Written by on October 21, 2021

Toeskouers word vanjaar, vir die eerste keer sedert 2019, toegelaat by die Nasionale Tydren-kampioenskap (NRC). Die laaste twee bene, die TRACN4-tydren, word vanjaar weer in Dullstroom aangebied. Dit vind op 26 en 27 November plaas.
Dit is die tweede keer dat TRAC dit hier aanbied. Soos verlede jaar, sal die Dullstroom-epilepsiesentrum vanjaar weer die hoof begunstigde wees. Die sentrum sal ook as hoofkwartier dien. Die tydren sal hoofsaaklik in die omliggende Safcol-plantasies plaasvind.
TRAC sê hulle het eMakhazeni gekies om die area ‘n nodige sosio-ekonomiese hupstoot te gee.
Kommunikasiebestuurder, Solange Soares:

Suid-Afrika en Afrika se top-spanne en -ryers sal in aksie wees. Toeksouerspunte sal beskikbaar gemaak word.
NRC woordvoerder, William Louw, sê toeskouers by sulke sportbyeenkomste verleen meer diepte en dimensies aan die kompetisie. “Dit help nie net die deelnemende spanne om beter te vaar nie, maar maak die sport ook meer lewendig.”
TRAC het met die opbrengste van verlede jaar se tydren die Dullstroom-epilepsiesentrum se hoofingang geplavei, die sportgronde se toeskouersarea opgegradeer en die saal en lapa gerestoureer.
“Ons kan nou die fasiliteite uitverhuur vir private funksies en so ‘n addisionele inkomste verdien,” sê die sentrum se direkteur, Rebecca Mashigo, oor die groot impak wat dit op hul inwoners en werknemers gemaak het.


×