100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eindeksamen: Moenie hierdie foute maak nie

Written by on October 21, 2021

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was ‘n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun.
Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in dieselfde asem is hierdie generasie kinders baie aanpasbaar en veerkragtig.
“Ons vind soms die ouers het meer angs oor die eksamen as die leerlinge,” sê sy.
Afgesien van die eksamen, vind hulle al hoe meer jonger kinders het klop aan vir professionale hulp weens angs – kinders toenemend tussen nege en 13 jaar oud.

“Kinders gaan deur baie veranderinge: fisies en sosiaal. Die isolasie en beperkinge van inperking vererger dit. Kinders is baie sosiaal en jy kan sien hulle mis sport en buitemuurse aktiwiteite. Grootmense kan dit hanteer, maar kinders het dit nodig.”
Haar raad is vir ouers om hul kinders te ondersteun, dop te hou, en veral te luister – en natuurlik hulp te soek sou dit nodig wees of hulle nou laerskool is of tans eksamen skryf.
Vir gr. 12’s wat nou skryf, is haar raad om voor te berei, en na jouself te kyk.
“Moenie uitstel nie. Werk vorige jare se vraestelle deur en simuleer ‘n eksamen-omgewing waarbinne jy jouself net die voorgeskrewe tyd toelaat. Leer hoe jy getoets gaan word.”
Sy raai leerlinge ook aan om hul onderwysers en maats vir hulp te vra as hulle sukkel.
“Selfsorg is noodsaaklik,” voeg sy by. “Baie matrikulante sê hulle moet soveel ure leer, hulle het nie tyd daarvoor nie, soos grootmense in stresvolle situasies ook maak, maar maak seker jy is gebalanseerd. Rus, slaap, eet gesond en oefen.”


×