100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRACN4 tydren die naweek in Dullstroom

Written by on November 14, 2023

Die adrenalien belaaide TRACN4 nasionale-tydren vind hierdie naweek vir die vierde keer in Dullstroom plaas.

Vrydag en Saterdag 17 en 18 November is ook die laaste been van die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydren-kampioenskap – wat bydra tot die drama.

Die Emakhazeni-gemeenskap vind groot baat uit die geleentheid met toeskouers wat van heinde en ver daarheen stroom.

Die Dullstroom Epilepsiesentrum is vanjaar weer die hoofbegunstigde.

Sedert 2020 is daar jaarliks verbeteringe by die fasiliteit aangebring. Vanjaar is die ingangsaal opgegradeer na ‘n volledig funksionele venue, die Bluegum Barn.

Die meeste van die bene vind op plantasies van SAFCOL en S&N Boerdery plaas wat verseker die terein is uitdagend, maar opwindend.

Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, sê hulle verwag ‘n hoë intensiteit wedren, al is die eerste plek in die reeks reeds deur JJ Potgieter en Tommie du Toit in hul Hyundai i20 R4 beklink.

Hulle begin Vrydag met 302 punte, maar die kompetisie vir tweede plek is straf.

Chris Coertse en Greg Godrich in hul Mazda 2 R4 het tans 191 punte met Benjamin Habig en Barry White slegs ‘n kortkoppie agter in hul 1000cc Turbo FWD Volkswagen Polo.

Die wegspring Vrydag geskied weer by die Lakenvlei-erfenisgebied en die Oval in Dullstroom die Saterdag.

Besoek TRAC se sosiale media blaaie vir besonderhede oor die drie strategiese toeskouerpunte langs die roete.

Foto: JM Photography Forever Memories

Sien ook: Laevelder takel sy eerste Dakar-tydren


×