100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC-werknemer in die hof weens beweerde bedrog

Written by on December 22, 2020

‘n 30-jarige werknemer van TRAC verskyn vandag in die Belfast-landdroshof.
Thembi Pretty Gwebu is Maandag deur die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad in hegtenis geneem vir beweerde bedrog.
Sy was ‘n werknemer by die Machado-tolhek op die N4.
Volgens die Mpumalanga Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, word daar beweer dat sy met ‘n ander party saamgewerk het.

Sy het glo ‘n kredietkaart gebruik om motoriste se tolgelde te betaal, en hul kontant in haar sak gesteek.
Gwebu is vasgetrek toe sy glo nie die maandelikse fooi op die kaart betaal het nie, en die krediet het opgeraak.
Die bank het toe kennisgewings daaroor aan TRAC gestuur, wat ‘n interne ondersoek geloods het. Volgens Sekgotodi het dit TRAC na raming honderde duisende Rande gekos.
Die saak is na die Valke verwys vir verdere ondersoek. Hul ondersoek het bepaal dat die tweede verdagte, wat die kredietkaart aan Gwebu verskaf het, ‘n werknemer by ‘n regeringsinstelling is. Sy arrestasie is op hande.

Gwebu is borgtog van R1 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 21  Januarie.
Die polisie het aangekondig dat hulle Veiliger Feesseisoen-operasies sover vrugte afwerp.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is meer as 280 verdagtes oor die naweek deur multi-dissiplinêre taakspanne in hegtenis geneem.
Hul oortredings sluit in moord, verkragting, roof en aanranding.
Van hulle is 57 mense gearresteer vir bestuur onder die invloed van drank of dwelms.
Sewe-en-twintig vuurwapens (waaronder 24 rewolwers en drie gewere) is ook gekonfiskeer.
Van die aangekeerdes is beboet, en die ander sal in verskeie howe regoor die provinsie verskyn.


×