100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC waarsku oor Paasnaweek verkeer, lisensiekantore langer oop

Written by on April 11, 2022

Elf lisensiekantore in Mpumalanga sal hierdie week vir langer ure oop wees, om motoriste die geleentheid te gee om hul lisensies te hernu.
Die spertyd vir enige hernuwings van lisensies wat tydens die grendeltydperk verval het, is Vrydag 15 April.
Lisensiekantore in Komatipoort, Malalane, Mbombela, Witrivier, Sabie, Lydenburg, Elukwatini, Secunda, Standerton, Delmas en KwaMhlanga sal Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 18:00 oop wees, en Saterdae van 08:00 tot 14:00.
Op die vooraand van Paasnaweek het TRAC N4 aangedui hulle is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks oor Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem.
TRAC kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete.
Na verwagting sal verkeer Donderdag tussen 12:00 en 10:00, Vrydag van 09:00 tot 15:00 en weer volgende Maandag vanaf 09:00 tot 19:00 die hoogste wees.
Hul padveiligheidsveldtog sluit in dat “TRACAssist”-eenhede saam met nooddienste op strategiese punte op die roete gestasioneer sal wees om vinniger te kan reageer op enige noodgevalle.

TRAC se tolvrye noodnommer is 365 dae van die jaar in gebruik. Berg dit op jou foon vir as jy enige hulp benodig op die roete, of navrae aan die maatskappy wil rig. Dit is 0800-87-2264 in Suid-Afrika en 800-9022 in Mosambiek.
Hoewel dit nie onder TRAC se mandaat val nie, sal die grensposte vanaf Dinsdag (12 April) ook weer voltyds 24 uur operasioneel wees.
Motoriste is aangeraai om hul roetes daarvolgens te beplan.


×