100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC gereed vir besige Paasnaweek op die N4

Written by on April 4, 2023

TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees.

Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, loods môre die provinsie se padveiligheidveldtog vir Paasfees by die Karino-wisselaar op die N4 buite Mbombela.

Hul strategie is gegrond op data wat tussen 2018 en 2022 tydens Paasnaweek ingesamel is en poog om noodlottige ongelukke te verminder en roekelose bestuur hok te slaan.

Verkeersbeamptes sal vanaf 6 tot 11 April 24-uur aan diens wees op ses prioriteitsroetes. Padblokkades sal ingestel word en ‘n spesiale fokus sal op die Lebombo- en Oshoek-grensposte wees.

Shongwe vra motoriste om uiters versigtig te bestuur.

“Ons het planne in plek om ongelukke te verminder, maar ons vra alle padgebruikers om hul deel te doen en versigtig en bedagsaam te bestuur. Ons moet ons eie veiligheid en dié van ons mede-padgebruikers prioritiseer.”

Verwagte piektye op die N4
Donderdag 6 April: 11:00 tot 20:00
Vrydag 7 April: 08:00 tot 17:00
Maandag 10 April: 09:00 tot 17:00

TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek.

Soares sê die 24-uur hulplyn is 365 dae beskikbaar aan alle padgebruikers in enige noodgeval.
Die nommers is 0800-87-22-64 (RSA) en 800-9022 (Mosambiek).

Sy gesels met Andri. Luister weer hier:

Padwerke word oor dié tydperk gestaak, maar boupersele bly aktief.

Sy voeg by dat reisigers fyn moet beplan omdat veral grensposte bàie besig is oor die Paasnaweek.


×