100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

TRAC ervaar besigste naweek van 2020

Written by on September 28, 2020

Die afgelope langnaweek was die besigste op die N4 van die jaar sover.
Mense wie se bewegings erg ingeperk is deur die grendeltydperk en Covid-19-regulasies, het die meeste gemaak van die eerste langnaweek sedert die land na vlak 1 van inperking geskuif het, en gereis – beide na die Laeveld en in die rigting van Gauteng.
Die gevolg was die hoogste volumes verkeer op die N4 van enige naweek hierdie jaar sover.
Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder van Trac, die maatskappy wat die N4 bestuur, het verkeersvolumes Sondag hul piek bereik.
Meer as 1 900 voertuie is per uur deur die Middelburg-tolplaza in beide rigtings.
Die Machadodorp-plaza was amper so besig, met meer as 1 500 voertuie wat elke uur daar deur beweeg het in die vroeg- en laatmiddag.
Trac het voor die langnaweek voorbereidings getref vir meer verkeer as gewoonlik, deur tolplaza’s ten volle te beman asook patrolleeringspanne paraat te stel, maar die verhoogde verkeersvolumes het reistye steeds verleng.
Soares sê hulle verstaan mense se frustrasie met die vertragings, wat vererger is deur padwerke.
Die padwerke tussen Belfast en Machado het veral daartoe bygedra. Die area by Crossroads, waar Schoemanskloof en Elandsvallei se paaie ontmoet, was die ergste geraak, asook die area rondom die Middelburg-plaza.
Sy het motoriste bedank vir hul geduld en bygevoeg dat die verbeteringe wat tans op die roete aangebring word, mense se reiservaring sal verbeter wanneer dit eers afgehandel is.
“Ons is wel bly dat soveel Suid-Afrikaners van die geleentheid gebruik gemaak het om weer te reis,” sluit Soares af.


×