100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Toerisme begroting word gesny

Written by on December 2, 2020

Die Departement van Finansies en Ekonomiese ontwikkeling het die toerisme begroting met R40 miljoen gesny.

DA woordvoerder van Finansies en ekonomiese ontwikkeling, Bosman Grobler, vertel hoekom hulle bekommerd is oor die vermindering in die begroting vir die toerisme industrie in Mpumalanga.

Grobler sê dat daar by verskeie departemente geld geneem is vir COvid-19, maar dit gee vir Grobler twee probleme. Eestens bevraagteken hy hoe die Covid-19 geld reeds spandeer word en die tweede een is dat die toerisme sektor baie belangrik is want dit stimileer die ekonomie, dus kan dit nie gestop word nie.

Die nadele van so sny in begroting is dat die klein, mikro en medium besighede in die toerisme industrie word nie befonds, gehelp of gementor nie.

“Daar is geld maar dit word nie reg spandeer om ons mooi toeriste aantreklikhede te bemark nie,” sê Grobler.

Linda Grimbreek van die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism (KLCBT) vertel hoe mense moet aanpas na Covid-19 en na die begroting gesny is.

“Diversifiseer, moet nie net jou eiers in een nes gooi nie”

Grimbreek sê as jy mooi gaan kyk waar dit gesny is dan is dit nie bemarking nie, maar subsidies en grants.

Die mense wat besighede oop maak is dieselfde besighede maar dieselfde mense. Baie het gelikwideer want dit was op ‘n stadium die enigste opsie wat oor gebly het.

 


×