hof

‘n Voertuigverkoops-bestuurder van Nelspruit is deur die plaaslike streekshof skuldig bevind aan bedrog, en sal weer op 1 Augustus vir vonnisoplegging verskyn. Die Nasionale Vervolginsgesag het bewys dat Mark Bezuidenhout die bankbesonderhede van die Imperial Toyota-handelaar – vir wie hy gewerk het – met sy persoonlike rekeningbesonderhede vervang het. Die handelaar het ‘n verlies van […]

Mpumalanga veroordeelde moordenaar, Jabulani Fransisco Mazibuko, het drie lewenslange vonnisse vir drie aanklagtes van moord, ontvang. Die hof het gehoor hoe Mazibuko vir Jabulani Nkosi, Themba Nkosi en David Mkhaliphi doodgeskiet het. Die moorde het glo tydens ‘n argument in September 2015 plaasgevind.

‘n Verdagte het gister in die Kabokweni streekshof verskyn op twee moordklagtes. Hy het glo op 29 Maart sy vrou en haar ma doodgeskiet, en daarna op die vlug geslaan. Die man is eers Dinsdag in hegtenis geneem na die plaaslike polisie inligting ontvang het wat tot sy arrestasie gelei het. ‘n Vuurwapen wat na […]

Gabisile Shabane, die dertien-jarige Mpumalanga-kind wat aan albinisme gely het en vermoor is, is forseer om remvloeistof te drink voor haar dood. Die hof het gister aangehoor dat die vloeistof met bier gemeng is deur haar ontvoerders, en dat sy ook gedwing is om dagga saam met dit te rook. Beskuldigde nommer een, ‘n tradisionele […]

‘n Groep van 23 verdagtes het gister in die Kabokweni streekshof verskyn op klagtes van publieke geweld. Die beskuldigdes het reeds Dinsdag vlugtig in die Masoyi rondgaande hof verskyn waar borg geweier is. Hulle word daarvan beskuldig dat hul deelgeneem het aan die geweldadige betogings Maandag en Dinsdag waar paaie na die Kruger Nasionale Park […]


Current track

Title

Artist

Background