100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Stroper wat twee renosters onthoring moet 16 jaar sit

Written by on January 25, 2024

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die vonnis van effektief 16 jaar wat Vrydag deur die Skukuza-streekhof aan ‘n renosterstroper opgelê is, verwelkom.
LUISTER DIE BERIG HIER

Million Masilane het in Maart 2020 saam met ‘n medepligtige, Lot Baloyi, die Krugerwildtuin by Pretoriuskop binnegegaan met ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Hulle het twee witrenosters gestroop en hul horings verwyder.
Baloyi het na bewering op die SANParke-veldwagters wat hulle vasgetrek het, geskiet.
Volgens die polisie was hulle in besit van twee renosterhorings.
Die reeksnommer was van die vuurwapen afgevyl.
Beide is borgtog toegestaan, maar het versuim om verdere hofverrigtinge by te woon.
Masilane is in Oktober in Calcutta herarresteer.
Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê daar word steeds na Baloyi gesoek.

Buiten die twee gestroopte renosters is Masilane gevonnis vir betreding van ‘n nasionale reservaat, besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, besit van ‘n verbode vuurwapen, besit van ‘n vuurwapen met die bedoeling om ‘n misdaad te pleeg, besit van ‘n gevaarlike wapen en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
Manamela het alle rolspelers geloof vir hul samewerking om die vonnis te bewerkstellig.

Sien ook: Drie renosterstropers word gesoek


×