100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Storms eis vier in Bosbokrand, nog reën verwag

Written by on October 29, 2024

‘n Geel vlak 2-waarskuwing is deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) uitgereik vir skadelike donderstorms vanmiddag in die Laeveld.

Groot hoeveelhede klein hael, swaar reën en skadelike winde is moontlik.

Die waarskuwing geld vir 14:oo tot 23:00.

Intussen sê die Departement van Basiese Onderwys haelstorms het meer as 30 skole in die Bosbokrand-area beskadig.

Volgens die Mpumalanga Kantoor van die Premier is vier mense dood.

Meer as 40 word by verskeie hospitale in die gebied behandel.

Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê meer as tien hoërskole is erg beskadig.

Dit het gisteraand nog gereën, wat meer skade aan huise veroorsaak het.

Luister: ENG Elijahon30Schools

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede (Cogta), Speedy Mashilo, besoek vandag die area.

Sien ook: Alicia Bullen het oog op nog medaljes by Wêreld-kampioenskap


×