100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Soektog afgelas na Brondal-plaasaanval

Written by on August 2, 2021

Die soektog is afgelas na verdagtes wat vanoggend ‘n boer en sekuriteitswag tydens ‘n plaasaanval in die Brondal-omgewing geskiet het.
Die voorval het in die omgewing van 07:00 plaasgevind. Daar is na vermoede drie verdagtes en hulle is swaar gewapen.
Leonard Theko*, een van die beamptes wat eerste gereageer het op die noodroep, is twee keer geskiet en het aan sy wonde beswyk. Hy het sedert 2006 by J&M Sekuriteit gewerk.
Die boer, ‘n bekende in die omgewing, Johan van der Merwe, is geskiet. Hy is hospitaal toe gehaas en volgens berigte tans kritiek maar stabiel.
Sover bekend is net sy Wit Ford Ranger bakkie gesteel. Die voertuig is kort daarna in ‘n plantasie naby die plaas teruggevind waar dit deur die verdagtes agtergelaat is.
Volgens Joe Pelser van AfriForum se Witrivier-buurtwag het die verdagtes verder te voet gevlug en verdwyn.

*Die slagoffer se naam is oorspronklik verkeerd aangedui.


×