100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Silulumanzi waarsku oor lae watervlakke

Written by on August 8, 2020

Silulumanzi het inwoners van Mbombela gewaarsku om water spaarsamig te gebruik.
Elektrisiteit na die waterwerke op die KaMagugu-pad in die stad is om ongeveer 12:00 Vrydag afgesny weens kabeldiefstal.
Volgens Silulumanzi het sommige areas se water Vrydagmiddag reeds opgeraak. Die Boschrand-reservoir was veral laag en gevolglik was krane in areas vanaf Elaweni-landgoed tot by Msholozi en dele van Witrivier droog.
Die waterverskaffer het gewaarsku dat Steiltes en dele van Stonehenge en West Acres ook op kon droog.
Dit het ure geneem om die elektrisiteitstoevoer te herstel, maar dit is om ongeveer 03:30 Saterdag vermag.
Intussen het die reservoirs se watervlakke kritiek laag geraak.
Volgens Silulumanzi se woordvoerder, Richmond Jele, is die beskikbare water in die reservoir deur die nag en oggend reeds gebruik.
“Ons moes basies weer van voor af begin om water uit die rivier te pomp, te suiwer en te toets, en in die reservoir in te pomp,” verduidelik hy.
Daarom bly die reservoirs baie leeg, maar die watervlakke behoort teen vanmiddag of Sondagoggend herstel te wees.
Tot dan moet mense water slegs vir noodsaaklikhede gebruik, om te verseker dit raak nie op nie.

“Moenie jou tuin natlei of ‘n tuinslang gebruik nie. Moenie jou kar met ‘n tuinslang was nie,” is Jele se raad.
Rapporteer enige waterlekke aan 086-174-5858.


×