100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Seekoei eis SANParke-ondersoeker in wildtuin

Written by on August 14, 2023

‘n Senior bestuurder in SANParke se ondersoekeenheid vir omgewingsmisdade, Kobus de Wet, is Saterdag in die Krugerwildtuin dood toe hy deur ‘n seekoei bestorm is terwyl hy daar gekamp het.
De Wet was in Groenkloof, Pretoria gestasioneer.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, beskryf hom as een van die mees effektiewe, toegewyde en hardwekkende spanlede in die teenstropingsveldtog.
“Kobus de Wet was instrumenteel in die arrestasie en skuldigbevindings van verskeie stropers.”
Phaahla sê die presiese omstandighede van die voorval word ondersoek.
SANParke het sy medelye betuig aan De Wet se familie, vriende en kollegas.

Sien ook: Transitorowers buit R8 000 in munte buite Malalane


×