100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke berei voor om verblyfplekke te heropen

Written by on June 19, 2020

SANParke sê hulle sal binnekort begin voorberei om verblyfplekke in hul parke te heropen.
Onder die nuwe, ligter vlak 3 van die staat van inperking wat Woensdag deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, sal geakkrediteerde en gelisensieerde verblyfplekke eersdaags weer mag oopmaak.
Dagbesoekers wat in Limpopo en Mpumalanga woon mag reeds sedert 8 Junie weer die Nasionale Krugerwildtuin besoek.
Rey Thakuli, woordvoerder van SANParke, sê die minister moet egter eers datums uitklaar voor hulle ‘n aanduiding sal hê van presies wanneer hulle verblyf weer oop kan maak.
Intussen berei hulle solank voor. Werknemers sal teruggeroep word en hulle sal ook opleiding ontvang in Covid-19 veiligheidsmaatreëls.

“Ons sien daarna uit om dit weer te heropen,” sê Thakuli. “Ons weet ons gaste verlang ook daarna om terug te keer en die park te geniet.”
Hy voeg by dat hy nie presiese besoekersgetalle vir die wildtuin sedert sy heropening het nie, maar bevestig dat hulle deur navrae oorval word.
Fundisile Mketeni, hoof uitvoerende beampte van SANParke, sê die president se aankondiging was goeie nuus vir natuur- en diereliefhebbers.
“Ons moedig mense wat nie kan wag om verblyf te bespreek nie, aan om geduldig te wees terwyl ons gereed maak om te heropen,” sê Mketeni.
“Die veiligheid van werknemers en gaste is van kritieke belang en ons moet verseker dat ons voldoen aan regulasies en gesondheidstandaarde.”

 


×