100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabie sluit ook munisipale kantore

Written by on July 27, 2020

Frustreerde inwoners van Sabie het vandag glo ook hul munisipale kantore gesluit in protes teen tariefverhogings wat deur Thaba Chweu ingestel is.
Die naburige Graskop se kantore is reeds verskeie weke ook op slot, op aandrang van inwoners, weens ‘n nuwe fooi wat ingestel is.
Gwilym Rees, die voorsitter van Sabie se belastingbetalersvereniging, sê egter hulle steun nie die onwettige aksie nie. Dit is ongrondwetlik om mense te verhoed om te werk.
Hulle wil eerder die regte kanale volg om Thaba Chweu by Nersa aan te gee.

Volgens Rees is dit onduidelik hoe groot die verhogings presies is, omdat daar ‘n groot verskil tussen kommersiële en huishoudelike verbruikers se tariewe is. Dit is ook nooit openbaar gemaak nie.
Inwoners moet gemiddeld ‘n nuwe maandelikse fooi van R185 betaal voor hulle elektrisiteit kan koop.
Die munisipaliteit het aangekondig dat die fooi ingestel is om hulle te help om hul skuld van nagenoeg R760 miljoen, by Eskom te delg.
Sabie het vir Thaba Chweu ‘n formele brief geskryf en gevra om die nuwe struktuur te verduidelik.
Hul spertyd is vandag. Daarna sal hulle formeel by die kragreguleerder kan kla, verduidelik Rees.

Lance Gibson van Graskop se belastingbetalersvereniging, sê weer inwoners daar wil Thaba Chweu glad nie meer betaal om dienste te lewer nie.
Hulle het reeds hul eie rommelverwydering begin doen en is besig om ‘n span saam te stel om die dorp se rioolprobleem aan te spreek.

Die Lydenburg-krisiskomitee beplan glo om hof toe te gaan om die munisipaliteit te laat ontbind.

Intussen is Thaba Chweu se hoofkantoor in Lydenburg tydelik gesluit – weens ‘n Covid-19-geval.

DA-raadslid, Comfort Sibiya, sê hulle het nog nie reageer op sy versoek vir ‘n dringende debat oor die nuwe tariewe nie.

Munisipale woordvoerder, Themba Sibiya, sê die verhogings is op hul webtuiste beskikbaar, maar die jongste beskikbare beleidsdokument is ‘n jaar oud. Hy het erken dat Nersa die verhogings nog nie goedgekeur het nie, maar voer aan hulle het reeds in Maart of April daarvoor aansoek gedoen.

 


×