100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Riekie bereik top 10 met boereworsresep

Written by on September 1, 2021

Witrivier se eie Riekie Trollip het vanjaar die top 10 bereik in Checkers en Shoprite se jaarlikse Championship Boerewors-kompetisie.
Trollip is geen onbekende onder inwoners van Witrivier nie. Hoewel sy aanvanklik in die bankwese begin het, het sy later ‘n loopbaanskuif na die slaghuis-bedryf gemaak.
“Die mense is later nie meer jou kliënte nie, hulle is naderhand jou vriende en jy weet presies wie gaan braai op ‘n Saterdagaand en wie braai op ‘n Dinsdagaand en wanneer maak wie potjie,” sê sy. “So jy weet presies hoe om hulle vleis reg te kry.”
Sy beskryf dit as ‘n fenomenale ervaring en het reeds vyf keer vir die kompetisie ingeskryf. Vanjaar was die eerste keer dat sy so vêr gevorder het.
Dit is niks nie in vergeleke met vanjaar se boerewors-kampioen, Vikash Bachu van Ladysmith, wat vir die 12de keer ingeskryf het.
Trollip sê sy sal sonder twyfel aanhou om te eksperimenteer. Sy het ‘n bietjie van haar resep met Ludi gedeel. Luister weer hier na haar braaiwenke ook.


×