100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Renosterstroper tot ekstra 10 jaar gevonnis

Written by on October 3, 2023

‘n Renosterstroper is Donderdag in Skukuza tot ‘n verdere 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die stroop van ‘n renoster in die Krugerwildtuin.
Volgens die polisie het die 43-jarige Lucky Mabunda in Februarie 2019 saam met twee medepligtiges ‘n renoster in die Malalane-seksie van die park geskiet.
Mabunda is tot 18 jaar gevonnis vir betreding van die wildtuin sowel as besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Hy is intussen deur ballistiese toetse uitgewys as die skieter en renosterstroper en is ‘n verdere dekade agter tralies opgelê na hy skuldig gepleit het.
Sy medebeskuldigdes is beboet.
Albazino Mandlanzi (41) en Vasco Nazovela (39) is elk tot ses jaar gevnoois of ‘n boete van R30 000.
“Mabunda het voorheen skuldigbevindings vir soortgelyke oortredings gehad,” verduidelik die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala oor die swaarder straf wat Mabunda aanvanklik opgelê is.
Sien ook: Verdagtes gesoek wat Adriano Dos Santos buite Hazyview vermoor


×