100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek wat Adriano Dos Santos vermoor

Written by on October 2, 2023

Die polisie soek na verdagtes wat Vrydagoggend Adriano Dos Santos (35), ‘n bekende sakeman, buite Hazyview doodgeskiet het.

Daar word vermoed dat dit ‘n sluipmoord kon wees.

Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was Dos Santos vanaf Hoedspruit op pad na ‘n vergadering in Nelspruit toe hy ‘n oproep ontvang het en van die pad afgetrek het.

Twee verdagtes het met ‘n Nissan NP 200-bakkie arriveer en hom geskiet.

Die aanvallers het gevlug.

Bekende sakeman buite Hazyview doodgeskiet, 29 September 15:47

Adriano dos Santos (35), ‘n bekende sakeman is vanoggend naby Hazyview doodgeskiet in wat vermoed word ‘n sluipmoord kon wees.

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

Hy was voorheen die mede-eienaar van die Shell-vulstasie in Ferreirastraat in Mbombela. Hy het onlangs na Hoedspruit verhuis.

Volgens berigte was sy vriendin en kinders saam met hom in die voertuig.

Bronne sê hy was op pad na ‘n vergadering in Nelspruit toe hy iemand op die Hazyview/Witrivier-pad ontmoet het om dokumente te teken.

‘n Nissan NP 200-bakkie het toe langs hulle gestop en die insittendes het drie skote afgevuur.

Hy is in die kop en bors getref.

Die verdagtes het gevlug.

Sien ook: Ontvoerde familie naby Lebombo-grensdraad gered

Die Mpumalanga Krieket-unie het hul hartseer met Adriano dos Santos se dood op hul Faceboek-blad gedeel:

“Dossa het ons op alle vlakke verteenwoordig. Hy het sy eersteklas debuut op 18 gemaak en met sy debuut teen die Titans ‘n 100-tal aangeteken.

“Ons simpatie met sy familie, vriende, Hoërskool Nelspruit, Nelspruit-krieketklub en die hele krieket gemeenskap.

“Ons sal jou goedhartigheid, glimlag en buitengewone talent altyd onthou.”

*Sy roudiens word eerskomende Vrydag in Mbombela gehou. Dit begin om 10:00 by Church Unlimited.


×