100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ontvoerde familie naby grensdraad gered

Written by on September 29, 2023

‘n Ontvoerde familie is vroeg Woensdagoggend deur die polisie en weermag gered naby die Lebombo-grensdraad.

Volgens die Mpumalanga polisie is ‘n volwasse vrou en ses jong familielede Dinsdagaand deur vier gewapende mans ontvoer.

Onder hulle was twee tienerseuns, twee tienermeisies en twee kleuters.

Hulle is by die huis in Kamaqhekeza in Nkomazi in hul Toyota Fortuner geboender en die aanvallers het tot in ‘n bebosde area gery, waar hulle met die voertuig se nasporingstoestel gepeuter het.

Hulle is opgespoor na die vrou se man alarm gemaak het, omdat hy haar nie kon kontak nie.

Die verdagtes kon egter vlug toe wetstoepassers toeslaan om die ontvoerde familie te red.

Nog twee gesteelde bakkies is in die bosse ontdek voor hulle na Mosambiek gesmokkel kon word.

Die Toyota Hilux dubbelkajuitbakkie is in KaMhlushwa as gesteel aangemeld en ‘n Toyota GD-6 dubbelkajuitbakkie in Garsfontein, Gauteng.

Niemand is nog aangekeer nie.

Sien ook: Krisiskomitee ondersoek oplossings vir Lebombo-grenspos


×