Rassie het plan met Libbok teen Argentyne
Written by Mireille on September 25, 2024
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië by Mbombela-stadion Saterdag.
Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein.
Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is.
Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skakelpaar.
Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word en sy 128ste Boktoets speel.
Erasmus sê die kritiek teen Libbok is te verstane, maar hy begin Saterdag in die nr. 10-truivir ‘n rede.
Luister:
Die span is:
15 – Aphelele Fassi
14 – Cheslin Kolbe
13 – Jesse Kriel
12 – Damian de Allende
11 – Kurt-Lee Arendse
10 – Manie Libbok
9 – Jaden Hendrikse
8 – Jasper Wiese
7 – Pieter-Steph du Toit
6 – Siya Kolisi
5 – Ruan Nortje
4 – Eben Etzebeth
3 – Frans Malherbe
2 – Bongi Mbonambi
1 – Ox Nche
Plaasvervangers:
16 – Malcolm Marx
17 – Gerhard Steenekamp
18 – Vincent Koch
19 – Elrigh Louw
20 – Kwagga Smith
21 – Cobus Reinach
22 – Handre Pollard
23 – Lukhanyo Am
Sien ook: Human sê Bokke moet verbeter voor kampioenskap-eindstryd