100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas gereed vir moeilike Bulls-stryd

Written by on November 20, 2020

Die Phakisa Pumas se voorspelers is gereed om die Vodacom Bulls Satedag op Loftus die stryd aan te sê, na ‘n week in kwarantyn weens Covid-19.
Die Pumas kon verlede naweek nie hul wedstryd teen die Emirates Lions speel nie, nadat drie voorspelers positief getoets het vir die virus.
Die spelers is gister weer getoets. Die uitslae is vanoggend ontvang.
Die wedstryd teen die Bulls was daarom in die weegskaal, maar is na Saterdagmiddag geskuif.
Net Dewald Maritz is nie vir die Pumas oorweeg nie. Liam Hendricks neem sy plek in op die reserwebank.
Al ander verandering van verlede week se aangewese beginspan is HP van Schoor wat op haker begin.
Die oud-Luiperd en Griekwa, Chriswill September, maak die buiging vir die Pumas wat hy verlede week sou maak.
Volgens die Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, was dit vir hulle sleg om nie verlede week te kon speel nie, omdat hulle goed voorbereid was.
Die virus is egter nou oral: hierdie naweek se wedstryd tussen die Cell C Sharks en DHL Stormers is ook weens die virus afgelas.
Stonehouse sê hulle verwag ‘n moeilike wedstryd teen die Bulls, weens hul allemintige voorry.

Die naweek is die laaste ronde van die Vodacom Super Rugby Unlocked-reeks, voor die Carling Black Label Curriebeker volgende week afskop.
Die Pumas sê Vrydag, 27 November, die Sharks die stryd aan in Durban.
SA Rugby het spelers die week gewaarsku om versigtig te wees vir Covid-19. Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, sê dit neem slegs een roekelose besluit van ‘n enkele speler om 45 ander spelers en twee bestuurspanne te ontwrig.
Boonop het dit ‘n impak op die toernooi, omdat afgelaste wedstryde bitter moeilik is om te herskeduleer.
Stonehouse verduidelik: “As ons een week ‘n loslootjie het, speel al die ander spanne. En ons het reeds agt spelers wat uit is (weens beserings). As ons ‘n addisionele wedstryd in die week moet speel, maak dit dinge vir ons ‘n bietjie moeilik.”
Saterdag se afskop is om 14:00.


×