100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas druk 13 keer om Valke met 89-3 te oorrompel

Written by on April 19, 2024

Die Airlink Pumas is môre weer in die SA Beker in aksie wanneer hulle in Oos-Londen teen die Border Bulldogs kragte meet.

Die pienktruie het verlede Vrydag korte mette gemaak van die besoekende Valke by Mbombela-stadion om met 89-3 te wen.

Die Pumas het 13 keer onder die pale gaan kuier waaronder sewe in die eerste helfte aangeteken is.

Linkervleuel Phiko Sobahle kon drie druk en plaasvervanger-haker Jan-Henning Campher kon self twee aanteken.

Die Pumas en Griekwas is nou die enigste onoorwonne spanne in die kompetisie, met die Griekwas wat bo-aan die punteleer vasklou te danke aan hul punteverskil, met die Pumas tweede.

Hulle word gevolg deur die Cheetahs en Griffons.

So lyk die span vir môre:

Foto: Kaptured Concepts

Sien ook: Vyf verdagtes verskyn in Sabie-hof weens onwettige mynbou


×