100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vyf verdagtes verskyn in Sabie-hof weens onwettige mynbou

Written by on April 19, 2024

Vyf verdagtes sal na verwagting vandag in die Sabie-landdroshof verskyn na hulle gister gearresteer is met 23 sakke goudhoudende materiaal in hul besit.

Volgens die polisie is hul enkelkajuitbakkie tussen Nelspruit en Sabie van die pad afgetrek en deursoek.

Die polisie vermoed dat die materiaal vanaf Ngodwana vervoer is na Sabie, waar dit geprosesseer sou word.

Drie Zimbabwiese burgers sonder permitte tel onder die aangekeerdes.

Sien ook: Laeveld nuushooftrekke – Week 16 van 2024


×