100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas deur na Curriebeker-halfeindronde

Written by on June 12, 2023

Na dramatiese rugby-aksie die naweek het die Airlink Pumas hul plek in die Curriebeker-halfeindrondes bespreek.
Dit is die Toyota Cheetahs wat na afloop van die 14 rondomtalie-rondes bo-aan die punteleer lê te wyte aan hul 27-31 oorwinning met ‘n bonuspunt oor die Vodacom Bulle in Pretoria.
Die tuisspan kon egter self twee bonuspunte verdien om algeheel in die vierde posisie te eindig.
Hulle reis na Bloemfontein om weer die Cheetahs aan te pak.
Na die Cell C Haaie se 5-44 nederlaag teen die DHL WP eindig hulle tweede en speel hulle die naweek gasheer vir die verdedigende kampioene in Durban.
Sien ook: Curriebeker: Maak of breek ronde breek aan
Die hoofafrigter van die Mpumalanga-span, Jimmy Stonehouse, en die hoof uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, het vanoggend in die ateljee gekuier.
Luister weer hier:

Puntemakers
Airlink Pumas 27 (10) – Drieë: Deon Slabbert, Francois Kleinhans, Wian van Niekerk. Verdoelings: Tinus de Beer (3). Strafskoppe: De Beer (2).
Windhoek Draught Griekwas 17 (10) – Drieë: Thabo Ndimande, Lubabalo Dobela. Verdoelings: George Whitehead (2). Strafskop: Whitehead.

Sien meer oor Mpumalanga Rugby.
Foto’s: Kaptured Concepts


×