100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas bly boaan Curriebeker-punteleer halfpad deur die toernooi

Written by on April 24, 2023

Die Airlink Pumas het die DHL WP Vrydagaand in Mbombela met 25-24 geklop in ‘n opwindende wedstryd wat met drie drieë in die eerste tien minute begin het.
Die Pumas het hul posisie boaan die Curriebeker-punteleer gekonsolideer met 29 punte op die bord na ses oorwinnings uit hul sewe wedstryde, teenoor die Cheetahs se 26.

Die Cell C Haaie het die Toyota Cheetahs in Bloemfontein met 24-17 geklop ondanks die tuisspan se vasberade terugvegpoging.
Die Vodacom Bulle kon Saterdag die Fidelity ADT Leeus in Pretoria laat les opsê, terwyl die Windhoek Draught Griekwas ses drieë teen die NovaVit Griffons kon aanteken om ‘n bonuspunt te verdien.
Die toernooi is nou halfpad.

Die Haaie en Griekwas lê onderskeidelik derde en vierde met 19 punte elk na hul vier oorwinnings.
Die verdedigende Curriebeker-kampioene speel eerskomende Vrydag weg teen die Leeus en is weer op Saterdag 6 Mei in Mbombela in aksie.
Foto’s: Kaptured Concepts


×