100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Provinsie neem lisensiefooie oor by Mbombela

Written by on September 18, 2020

Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid het motoriste gevra om die fooie vir hul voertuig- en bestuurslisensies voortaan direk aan die departement te betaal.
Woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die departement is in die proses om die lisensiëring by Mbombela-munisipaliteit oor te neem.
Daar is egter besluit dat die departement solank die fooie direk moet ontvang, al behartig die munisipaliteit tans steeds die uitreik van dokumente.
Dit geld vir alle dokumentasie vir voertuie asook bestuurslisensies.
Dit het reeds in Julie in werking getree, maar Mmusi sê hulle vind dat mense steeds die geld direk aan Mbombela betaal.
Daar is wel betaalpunte in elke kantoor. Dit sluit in die lisensiekantoor in Mbombela, die Grove-sentrum, asook die kantore in Hazyview, Barberton en Witrivier.
\
Die fooie moet in die departement se Standard Bank-rekening gedeponeer word.
Die bankbesonderhede is as volg: “Community Safety Security and Liaison”, bedryfsrekening, rekeningnommer 273 222 848, takkode 052852.
Dit is egter belangrik om kennis te neem dat elke kantoor ‘n afsonderlike verwysingsnommer het, wat die publiek moet gebruik wanneer hulle betalings maak.

Barberton: 4003/BAR/maatskappynaam of voertuigregistrasie en 4036G/BAR/maatskappynaam of voertuigregistrasie
Hazyview: 4036C/Hazy/maatskappynaam of voertuigregistrasie
Mbombela: 4036A/Nels/maatskappynaam of voertuigregistrasie
Mbombela Grove: 4036F/MOSC/maatskappynaam of voertuigregistrasie
Witrivier: 4068/WR/maatskappynaam of voertuigregistrasie en 4036B/WR/maatskappynaam of voertuigregistrasie.

Mmusi het enige lede van die publiek genooi om hom direk te skakel, sou hulle enige verwarring ervaar. Sy nommer is 079-291-0664.
Navrae kan ook gerig word aan Dumisane Lekuleni by 013-766-1566.


×