100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie vind gesteelde voertuig by grens terug

Written by on December 7, 2020

Die polisie en Cartrack het Saterdag ‘n gesteelde voertuig in ‘n spreekwoordelike hooimied opgespoor.
‘n Verdagte wou glo die gesteelde Ford Ranger agterop ‘n vragmotor Mosambiek toe smokkel.
Volgens die polisie is die bakkie Maandag in Sandton, Gauteng gesteel. Cartrack het dit tot by die Lebombo-grenspos nagespeur.
Die polisie is verwittig en het ondersoek ingestel.

Volgens Mpumalanga se polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, is polisielede op die toneel in kennis gestel dat die bestuurder na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se kantore is om die dokumentasie te voltooi om goedere oor die grens te vervoer.
Hulle kon die bestuurder nie by die kantore vind nie en het die vragmotor deursoek.
‘n Wit Ford Ranger is toegepak met ‘n vrag tradisionele besempies op die trok versteek gevind.
‘n Video van die ontdekking is die naweek wyd op sosiale media gedeel.

Die vragmotor het ‘n Mosambiekse registrasienommer en die Ranger ‘n vervalste nommerplaat gehad.
Die bestuurder van die vragmotor word steeds deur die polisie gesoek.
Mdhluli sê hulle waardeer die goeie werksverhouding wat hulle met Cartrack het, en dat dit reeds tot die terugvind van verskeie voertuie gelei het.
Cartrack het op Facebook die sukses toegeskryf aan die gevorderde tegnologie wat hulle gebruik.
Enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, word aangemoedig om dit te rapporteer by 013-793-7382, 013-793-7321 of 086-001-0111 of om die inligting via die MySapsApp te stuur. Dit kan op enige slimfoon afgelaai word.
Alle inligting sal as vertroulik hanteeer word.



×