100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Plaaslike veeartse waarsku teen parvovirus

Written by on December 4, 2020

Daar is ‘n toename in die hoogs aansteeklike parvovirus, wat katgriep veroorsaak, in Mbombela.
Van Wijkstraat Dierehospitaal sê hulle het net die afgelope week 10 gevalle gehad.
Die virus is dodelik vir honde. Volgens veearts Christo Nortjé val die virus alle aan wat dupliseer. Dit is veral die dermkanaal en beenmurg wat heeltyd nuwe bloedselle produseer en selfs klein hondjies wat nog groei se harte.
Die gevolg is geweldige diarree en dat die diere erg opgooi en ‘n onderdrukte immuniteit.
Nortjé voeg by dat dit heeljaar teenwoordig is, maar dat hulle veral tussen Desember en Februarie meer gevalle sien.
“Dit is ‘n virale ding. Waar diere dit gehad het, bly dit op die grond en perseel. Dit is baie weerstandbiedend, so dit bly lank teenwoordig. Dit is basies oral,” sê hy.
Hy voeg by dat inentings baie effektief is teen die siekte, maar mense besef dikwels nie dat hul honde meer as een enting nodig het nie.
Dit moet op ses, nege en 12 weke toegedien word, en daarna jaarliks.

“Inenting is verskriklik doeltreffend as dit op die regte tyd gedoen word. Wat ons baie sien, is die teler waar mense hul hondjie koop, sê hy het reeds sy ent ontvang. Baie mense dink dit beteken hulle hoef nie ook nie, maar die teler doen net die eerste een.
“80% van die gevalle wat ons sien is mense wat nie bewus is dat hulle meer moet kry nie, of nie in die veeartsboekie kyk nie. Goeie telers verskaf daardie inligting.”
Algemene simptome is dat die hond ophou eet, pap is en baie opgooi – wat ander siektes ook kan wees, maar waar die hond nie ingeënt is nie, is dit meestal katgriep, in Nortjé se ervaring.
“Ek het dit in Australië gesien: die siekte kan uitgewis word as alle diere daarteen ingeënt is,” sluit hy af.



×