100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Petisie opgestel teen weghol-swaarvoertuie in Hazyview

Written by on May 20, 2021

‘n Petisie is opgestel om die regering te vra om ‘n sandput in Hazyview aan te bring wat sal help om weghol-swaarvoertuie te stop op die kruising van die R40 en R538.
Dit vra ook dat ‘n stopteken vir swaarvoertuie naby die Umbabha Estates-pakhuis op die R40 aangebring word, en ‘n spoedbeperking van 60 km/h op dié stuk pad vir swaarvoertuie ingestel word.
Ken Robertson van die VF+, wat die petisie opgestel het, verduidelik dat vragmotors se remme of ratte gereeld hier, weens die steilte van die pad, onklaar raak en lewens bedreig wanneer hulle óf probeer draai en rol óf reguit oor die stopstraat ry.
‘n Sandput (“arrestor bed” in Engels) sal vragmotors die spasie bied om veilig van die pad af te kan ry sou so iets met hulle gebeur.
Hy voeg by dat dit ‘n provinsiale pad is, maar dat die provinsie en Mbombela-munisipaliteit al in die verlede saamgewerk het om kostes te deel, en hulle hoop hulle sal dit in hierdie geval doen as dit nodig is.
Hy voeg by dat hy hoop nie slegs inwoners van Hazyview sal die petisie onderteken nie, omdat dit ‘n toeristedorp is.

Besoek https://vfplus.nationbuilder.com/petisie_hazyview om die petisie te onderteken.


×