100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mateo Komlosy behaal 100% by Eisteddfod

Written by on May 20, 2021

Mateo Komlosy het geskiedenis gemaak toe hy 100% behaal het in sang by die Allegretto Eisteddfod.
Die kompetisie is verlede week by sy skool, Curro Nelspruit, aangebied. Skole van Mbombela en omliggende areas het deelgeneem.
Dit is die eerste keer in die Allegretto Eisteddfod se geskiedenis dat iemand 100% behaal.
Mateo het dit glad nie verwag nie en het “Amazing Grace” gekies omdat die boodskap sterk tot hom spreek.

“Oor die algemeen kies ek liedjies wat se boodskap tot my spreek, en iets wat ek voel ek kan sing. Ek is nie ‘n rock-sanger nie, maar verkies pop.”
Verder was dit sy onderwyser, juff. Alta Ehrke, se besluit dat hy vir hierdie Eisteddfod inskryf – sy het dit terloops verlede jaar reeds gedoen sonder sy medewete via video.
Volgens Ehrke vind die volgende rondte op 15 Oktober by Curro Nelspruit plaas. Van die skool sal daar 43 dramastudente, agt dansers, nege sangers en 14 musikante deelneem.
Op 16 Oktober vind die gala-aand plaas, waar toekennings gemaak word en die top 10 deelnemers in die land aangewys word.
Twintig van Curro Nelspruit se beeldende kunstenaars is daarheen genooi, sewe in die Lego-kategorie, 26 in drama, drie in musiek instrumentaal en sewe sangers, insluitende Mateo.
Hy speel al sedert gr. 9 kitaar, maar sy forté is eintlik dromme waarin hy reeds drie keer in musiekeksamens die beste in die land was.
Hy sê sy droom is om na skool in die vermaaklikheidsbedryf betrokke te raak. Hy wil toneel speel, sing, liedjies skryf, rolprente maak – dit regissieur en klankbane komponeer.
Kyk Mateo se uitvoering van “Amazing Grace” waarvoor hy volpunte behaal het hier:

 


×