100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Parkeer en ry Saterdag só: Hier is alles wat jy moet weet voor die Springboktoets in Mbombela

Written by on August 3, 2022

Meer as 40 000 mense gaan Saterdag die toets tussen die Springbokke en All Blacks by Mbombela-stadion kyk, die meeste ooit vir ‘n rugbywedstryd.
Maak liefs van die parkeer en ry-dienste gebruik vra stadionbestuurder, Roelf Kotze.
Die punte is by Laerskool Witrivier, Witrivier-rugbyklub, Penryn, Riverside Mall, Grove-sentrum, Valley Hyper, Hoërskool Nelspruit, Laerskool Nelspruit, Church Unlimited, TUT, Nelspruit Primary, Hoërskool Bergvlam en Laerskool Laeveld.
R50 is betaalbaar per voertuig, maar nie by winkelsentrums nie, sê hy.
Hulle ry gereeld, heeldag, vanaf 12:00 en weer tot 22:00 – tot almal weer huis toe is van die stadion af.
Jou busritte is gratis.
Só werk die parkeer en ry

As jy voel jy móét naby die stadion parkeer, werk dit só:

Kom baie vroeg as jy agter Hall’s en op die sportvelde rondom parkering wil kry.
“Kattebakbraai” word toegelaat – jy sal egter beperk word tot een parkeerspasie per voertuig.
“Die idee is dat mense nie in die verkeer moet sit nie en eerder vroeër kom. Kom drie ure voor die tyd en geniet die stadion en die omgewing,” voeg hy by.
“Gaan vroeg, sodat jy die hele belewenis het. Daar is genoeg te eet en te drink voor jy selfs in die stadion is.”

Waar kry ek kaartjies?
Bitter min kaartjies is steeds beskikbaar. As daar oor is, is dit by die kaartjiekantoor by Mbombela-stadion (weeksdae 08:00 tot 16:00) of by Computicket. Onthou om jou kaartjiebewys vooraf om te ruil vir die fisiese wedstrydkaartjie.

Is daar parkering binne die stadion?
Parkeerspermitte word uitgereik aan suite-kaartjiehouers en BBP’s.

Hoe laat gebeur wat?
Die stadion-area maak vanaf 10:00 oop.
Die stadionhekke open om 13:00.
Die wedstryd skop om 17:00 af.

Na watter vermaak kan ons uitsien vooraf?
Die B-veld word in ‘n kuierveld omskep met biertente, kosstalletjies en kunstenaars wat optree.

Kan jy kontant gebruik?
Stadionbestuurder, Roelf Kotze, verduidelik.

Wat as ek nog verblyf benodig of beskikbaar het?
Kontak die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) vir hulp: 013-755-1988 of [email protected].


×