100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pa en dogter saam in die beskuldigdebank vir bedrog

Written by on December 9, 2020

Thato Charmain Philane (30) het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en, alternatiewelik, oortreding van die belastingwet.

Sy is dieselfde dag deur die Valke in hegtenis geneem.
Sy word aangekla saam met haar pa, Sipho Andrew Philane (58).
Hy het Vrydag in dieselfde hof verskyn. Hy word aangekla van bedrog en belastingontduiking.
Volgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, word daar beweer dat pa en dogter in April 2017 saamgewerk het om ‘n maatskappy, Sipho Zethu Trading, te registreer.
Philane jr. word as die enigste direkteurvan die maatskappy aangedui.

Hulle het glo deur Sipho Zethu Trading valslik R995 370 van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geëis.
Volgens Sekgotodi is geld van die maatskappy na Philane snr. se persoonlike bankrekening oorgeplaas.
Beide is borgtog van R5 000 toegestaan en verskyn weer Maandag saam in dieselfde hof.
‘n Gespesialiseerde aanklaer sal ook aangestel word.




×