100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Openbare toeskouergebiede vir Wêreldbeker-eindstryd

Written by on October 26, 2023

Die Mpumalanga Departement van Kultuur, Sport en Ontspanning het drie openbare besigtigingsgebiede toegewys vir Saterdagaand se Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks.

Die geskiedkundige ontmoeting, die eerste sedert 1995, sal bepaal watter span eerste ‘n vierde Wêreldbeker-titel wen.

Sibusiso Nkosi van die departement:

Die besigtigingsgebiede is Praxos Slaghuis in Schoemansdal in Nkomazi, Loft Lounge in Ermelo en Siyabuswa Retail Sentrum.

Dit is die mees ervare Springbok-span ooit wat in die eindstryd in Parys sal speel.

Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, het twee veranderinge aangebring aan sy begin-15 met Faf de Klerk en Handré Pollard wat in die plek van Cobus Reinach en Manie Libbok uitdraf.

Nienaber het ook besluit op ʼn 7-1-verdeling op die plaasvervangersbank.

Trevor Nyakane, Jean Kleyn en Jasper Wiese is ingesluit.

Intussen het Wêreldrugby die Springbok-haker Bongi Mbonambi vrygespreek van bewerings van rassistiese uitsprake wat glo tydens verlede naweek se halfeindstryd teenoor die Engelse flank, Tom Curry, gemaak is.

Wêreldrugby sê in ‘n verklaring hy het al die beskikbare bewyse oorweeg, insluitende wedstrydmateriaal, oudio en bewyse van albei spanne.

Hy het bepaal daar is in hierdie stadium onvoldoende bewyse om voort te gaan met die aanklagte.

Mbonambi sal Saterdag in die nommer 2-trui vir Suid-Afrika begin.

Engeland se beheerliggaam sê hy is diep teleurgesteld deur die besluit.

Curry het ook beweer Mbonambi het verlede jaar tydens die toets op Twickenham hom dieselfde kwetsende opmerking toegesnou.

Die unie het ook die mate wat Curry op sosiale media deurgeloop het veroordeel.

Verder het twee vroue die Afrikaanse woord “kant” namens Mbonambi in die beskrywende Afrikaanse woordeboek, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, geborg sedert Curry verkeerdelik geglo het dis ‘n kwetsende Engelse belediging.

En dan is Nienaber, die slot Eben Etzebeth en die losskakel Libbok onder die uitstaande benoemings vir die 2023 Wêreldrugby-toekenningseremonie wat Sondag in Parys plaasvind.

Nienaber is benoem as afrigter van die jaar, en Etzebeth in die 15-man Speler van die Jaar. Hy is ook ingesluit in die 15-man Droomspan.

Libbok is benoem vir 15-man Deurbraak-speler van die jaar.


×