100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS baat by Palmdraers-gholfdag

Written by on November 7, 2022

Die Palmdraers se ouer-ondersteunersgholfdag ten bate van Hoërskool Nelspruit was ‘n groot sukses by Mbombela-gholfklub Donderdag, 27 Oktober.
‘n Totaal van 90 gholfspelers het deelgeneem.
Reyno Kruger, Christiaan Labuschagne, Renoux de Beer en Jaydee Grimbeek was met 110 punte die wenspan van die dag met Dalene Joubert, Duane Joubert, Jannie Cloete en Johan van Rensburg tweede met 109 punte.

By putjie nommer 5 kon die speler wat ‘n kolhou slaan ‘n Toyota Urban Cruiser wen, maar hierdie gelukkie was ongelukkig geen speler beskore nie.
Die voorsitter van die Palmdraers-ondersteuners, Gerrit Engelbrecht, het die sukses van die dag aan al die borge en individue uit die gemeenskap opgedra.


×