100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit Mediclinic weer oop na bomdreigement

Written by on November 18, 2020

Nelspruit Mediclinic is weer oopgestel nadat dit vanoggend gedeeltelik ontruim is weens ‘n bomdreigement.
Die hospitaal is gesluit en die polisie se bomeenheid het die perseel met snuffelhonde deursoek.
Niks is gekry nie. Dit sal egter eers oor 24 uur totaal veilig verklaar word.
Volgens Mediclinic se kliëntediens-bestuurder, Robyn Baard, is pasiënte en werknemers uit slegs sekere dele van die hospitaal ontruim.
Dit sluit in die mediese sentrum, ontvangsarea, ongevalle en die dokters se spreekamers-blok.
Baard sê dit was skrikwekkend, maar alle rolspelers het uitstekend saamgewerk.

Een ooggetuie wat daar was vir ‘n doktersafspraak het vertel dat die polisie hulle om ongeveer 11:30 gevra het om die hospitaal te verlaat.
Hulle het die ingang afgesper. Die publiek is uiteraard nie by die perseel ingelaat nie.
“Almal was hier ter ondersteuning: die polisie en bomeenheid en nooddienste,” sê Baard. “Dit was baie goed georkestreer. Ek dink dit het baie goed gegaan. ”
Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.


×