100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit DBV benodig dringend hondekos

Written by on November 11, 2020

Die Nelspruit Dierebeskermingsvereniging (DBV) se kosvooraad is baie laag.
Hulle verwag dat die bestaande droë hondekos nog net ‘n week sal hou, en het dringend skenkings nodig.
Die ondervoorsitter, Lize Pienaar, vra dat mense eerder kleiner korrels skenk, omdat groter honderasse dit ook kan eet.

Sy verduidelik hulle benodig ander kos ook. “Ons het altyd droë en nat kos vir klein en groot hondjies en katjies nodig, asook kos vir ons varkie,” sê sy.
Kos- en waterbakke asook speelgoed is ook altyd welkom.
Hoewel die Nelspruit DBV nie vir die res van die jaar groot fondsinsamelings beplan nie, het hulle algaande kleiner inisiatiewe.
Die welsynwinkel word op die perseel bedryf en spog daagliks met nuwe items wat te koop is teen winskopiepryse.

Dit sluit in klerasie, huisware, boeke en selfs plante. Besoek die winkel gerus, of loer op die winkel se Facebook-blad vir meer.
Die R5-bord is ‘n pret manier vir mense om by die werk, skool of tuis in groepe die borde vol R5-munte te plak. Besorg die vol bord terug aan die DBV. Die borde kan by die Nelspruit-kantoor afgehaal word.
Boonop is die einde van die jaar hul besigste tyd, omdat meer ongewenste diere dan deur mense weggegooi word.
Dit kom nou vinnig nader en die publiek is gevra om in gedagte te hou dat meer monde dan gevoer moet word.

Daar is natuurlik verskeie diere beskikbaar vir aanneming. Die fooi is R750 en sluit die eerste inentings en sterilisasie in. Die gewone aannemingsprosedure geld.
Besoek hul Facebook-blad, Nelspruit SPCA, vir meer of kontak hulle by 013-753-3582 om ‘n dier aan te neem, of ‘n honde- of kathok te borg.


×