100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellie-atleet wen goud in Italië

Written by on May 17, 2023

Juané le Roux, ‘n gr. 10-leerling aan Hoërskool Nelspruit (NHS), het die afgelope week die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekords vir F46 vroue in gewigstoot verbeter en ‘n goue medalje ingepalm by die Wêreld-Para-atletiek-Grand Prix-byeenkoms vir seniors in Jesolo, Italië.
Sy het die gewigstoot met ‘n afstand van 10,14 m gewen. Die vorige rekords was 6,75 m in Suid-Afrika en 9,63 m vir Afrika.
In spiesgooi het sy ‘n vierde plek behaal by die byeenkoms, maar ook ‘n nuwe nasionale rekord opgestel met haar afstand van 28,20 m.
Sy het aan die begin van April saam met die Nellies se ander goue meisie, Ashley Erasmus, oor hul atletiekdrome kom gesels.
Luister weer hier:

 


×