100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

N4-botsing eis die lewe van twee skoolkinders

Written by on March 9, 2023

Twee skoliere is vroeg vanoggend in ‘n ongeluk op die N4 dood.

Volgens die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid het twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor tussen Vosman en eMalahleni (Witbank) gebots.

Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr.

Twee leerlinge van Greendale Combined School is dood. Verskeie leerlinge is ook beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê almal het in dieselfde rigting gery.

Een minibus het moontlik stilgehou of spoed verminder toe die vragmotor in dit vasgery het en die taxi die minibus voor hom ook getref het.

‘n Ondersoek is reeds van stapel gestuur.

Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur die tragedie.

‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stela an almal wat geaffekteer is.


×